Wie en Wat is KSK Koöperatiewe Bank Beperk (“KSK”)?

KSK was oorspronklik in 2004 geregistreer as Kleinfontein Spaar en Krediet Koöperatief Beperk.  Na verandering in wetgewing is ons gedurende 2012 geregistreer as ‘n Finansiële Koöperatiewe Instelling wat gereguleer was deur die beheerliggaam “Koöperatiewe Banke Ontwikkeling Agentskap”, gesetel by Nasionale Tesourie. Weerens het wetgewing verander en die regulering is oorgedra na die Reserwebank se Voorsorgeenheid.

 Weens die groei wat ons beleef het , kon ons aansoek doen by die Reserwebank se Voorsorgeenheid om geregistreer te word as ‘n Koöperatiewe Bank. Die aansoek is gedurende 2019 ingedien en ons is op 17 September 2020 geregistreer as ‘n Koöperatiewe Bank.

KSK Koöperatiewe Bank is geregistreer en word streng gereguleer by verskeie regulerende liggame:

  • Reserwebank se Voorsorgeenheid wat alle banke reguleer:

Verskeie maandelikse opgawes word ingedien.

Gereelde inspeksies word uitgevoer. Ter plaatse en virtuele vergaderings.

KSK voldoen aan alle voorsorg vereistes.

  • Finansiële Sektor Gedragsowerheid:

Gereelde inspeksies word uitgevoer. Ter plaatse en virtuele vergaderings.

KSK voldoen aan alle voorsorg vereistes.

  • Nasionale Krediet Reguleerder:

Verskeie opgawes word ingedien.

Gereelde inspeksies word uitgevoer.

KSK se lisensie word jaarliks hernu.

  • Registrateur van Koöperasies:

Wetlik geregistreer en opgawes is op datum.

  • Bepalende wetgewing:

Koöperasiewet, Koöperatiewe Bankwet, Nasionale Kredietwet.

 Bestuur:

       Direksie:

Die Koöperasie word bestuur deur ‘n Direksie wat deur die lede van die Koöperasie verkies word.

Ons is verseker geseënd met bekwame Direkteure met wye kennis, ervaring en kwalifikasies wat hul verantwoordelikhede met groot sorg nakom.

       Personeel:

Die personeel bestaan tans uit vier persone. ‘n Besturende Direkteur, ‘n Bestuurder en twee amptenare. Hul het gesamentlik 110+ jaar ondervinding in bankwese.

Beheer en Kontroles:

      Ouditkomitee:

Die Ouditkomitee bestaan uit 3 lede wat ook deur die lede van die Koöperasie verkies word. Hierdie komitee het bepaalde kontrolefunksies wat uitgevoer word in terme van ons Grondwet. Die Ouditkomitee se inspeksies word gereeld gedoen en hul verslae was nog altyd positief, in terme van die finansiële aspekte, prosedures en stelsels.

      Eksterne Ouditeur:

Ons Eksterne Ouditeure vir baie jare reeds is die firma Middel & Partners. Na die formele oudit van ons Finansiële State gedoen op 28 Februarie 2022 was die Ouditverslag weereens ongekwalifiseerd (met ander woorde “skoon” ) gewees. Die Ouditverslag is ter insae beskikbaar.

      Bevordering van Toegang tot Inligting Wet 2 VAN 2000 (“PAIA”):                  

Kontak besonderhede:   

Inligtingsbeampte:               Leon Martin Viljoen

Telefoon nommer:                012 – 802 1413

E-pos adres:                          leonviljoen@kskfin.co.za

Posadres:                               Posbus 129, Rayton 1001

Kantooradres:                       Winkel 9, Uit-en-Tuis Winkelsentrum  Kleinfontein     

                                            

HOE VEILIG IS BELEGGERS SE FONDSE BY KSK?

KSK is die tweede grootste Koöperatiewe Bank van die vyf geregistreerde Koöperatiewe Banke in Suid-Afrika.

Ons totale deposito’s beloop tans R60,8 Miljoen. Ons wend dit aan vir toestaan van lenings. Ons leningsboek beloop tans R46,6 Miljoen en is uiters gesond met minimale slegte skuld.

Die neem van Kleinfontein Aandeleblok aandele as sekuriteit word aanvaar deur die Reserwebank as sekuriteit op lenings.

In die 18 jaar van KSK se bestaan:

Het niemand nog ooit ’n sent verloor nie,

Kon KSK alle verpligtinge nakom,

 

 

 

 

Meer inligting

Klein bo

KSK sal u graag verder tot diens wil wees. Skakel ons gerus vir meer inligting, of ons reel ‘n konsultasie met u.

Kontak my