KSK bevestig sy Bestaansdoel

Sedert sy ontstaan is KSK dié Finansiële Instelling in ons gemeenskap. Een van die hoof doelstellings is om dit vir volksgenote moontlik te maak om hulself en hul gesinne op Kleinfontein te vestig deur lenings toe te staan vir die koop, oprig en/of verbeteringe van eiendom. Vanselfsprekend benodig KSK beleggings van ons lede om dit moontlik te maak om lenings te verskaf vir hierdie doel. Die eiendom word dan as sekuriteit geneem deurdat dit aan KSK verpand word. Die totale beleggings ontvang beloop tans R43,5 Miljoen en die lenings toegestaan beloop R29,8 Miljoen. Die leningsboek is uiters gesond met minimale slegte skuld. KSK bevestig hiermee weereens sy bestaansdoel en nooi ons lede uit om u Instelling te ondersteun. Graag versoek ons u ook om belangstellendes wat die doelstellings van KSK en ons Kleinfontein gemeenskap ondersteun om lid te word van KSK en fondse te belê. Hierdeur dra elkeen by tot die ontwikkeling en groei van ons gemeenskap. Wat is ons Doelstelling: Om die ekonomiese welvaart van sy lede te bevorder en veral om: • fondse van sy lede te ontvang deur die uitreiking van aandele en die aanvaarding van deposito’s; • die spaarsin van sy lede te bevorder deur voorsiening te maak vir spaarrekeninge waarop ‘n redelike rente betaal word; • Lenings aan lede te maak vir voorsienende en produktiewe doeleindes; • Die belangstelling van lede in die ontwikkeling van die gemeenskap as geheel aan te moedig; • Enige ander taak te onderneem wat bevorderlik is vir die bereiking van die bogenoemde...

Seggenskap

KSK Finansiële Koöperatief Beperk is ’n koöperasie wat bankdienste lewer, dus kan slegs lede, kliënte wees. Die voordeel van lidmaatskap is dat jy as lid ware seggenskap het oor die instansie wat jou geldsake hanteer. Hierdie seggenskap is in die vorm van stemreg op die Koöperasie se Algemene Jaarlikse Vergadering en enige ander lede vergadering waar kwessies rakende die bank se bestuur bespreek word. Hierdie kwessies sluit in: •    Die bestuur van die bank •    Verkiesing van die direksie en •    Die rigting waarin die bank moet...