PRODUKTE EN DIENSTE

Alle koerse op Deposito’s en Finansiering is gekoppel aan Absa Bank se Primakoers.

SPAAR PRODUKTE:

 1.  Vaste Deposito’s:

Lede kan vaste deposito’s maak met termyne wat wissel van 3 tot 60 maande.  Die rentekoers word bepaal kragtens die termyn van die vaste deposito asook die grootte van die bedrag.  Hierdie vaste deposito’s is nie hoë risiko beleggings of beleggings in aandele nie.

 2.  Teiken Spaar:

Hierdie produk is saamgestel vir lede wat ‘n bepaalde spaar strategie het en wat oor ‘n termyn ‘n spesifieke bedrag per maand wil spaar.  Vir ‘n relatief hoë rentekoers, verbind die lid hom/haar daartoe om vir ‘n termyn, nie korter as 24 maande nie, ‘n sekere bedrag in hierdie rekening te spaar.  Die fondse is nie beskikbaar voor die verstryking van die termyn nie

3.  Gewone Spaar:

‘n Gewone Spaarrekening met ‘n goeie rentekoers en sonder ‘n maandelikse fooi.

4.  Beperkte Spaar:

Soos die Gewone Spaar met die verskil dat ‘n hoër rentekoers betaal word en dat daar ‘n ekstra fooi by onttrekking betrokke is, ter aanmoediging om te spaar. ‘n Minimum saldo van R500 moet in hierdie rekening gehou word.

FINANSIERINGSPRODUKTE:

 1.  Termynlenings:

KSK verskaf hoofsaaklik termynlenings vir die aankoop van aandelebelang (“eiendom”) in Kleinfontein Aandeleblok (Eiendoms) Beperk. Finansiering van eiendomme buite Kleinfontein kan ook gedoen word.

2.  Persoonlike Lenings:

KSK verskaf ook korttermyn persoonlike lenings. Die bedrae, koers en termyn word deur die Kredietkomitee bepaal na aanleiding van die aansoeker se kredietwaardigheid.

3.  Boulenings:

KSK verskaf ook boulenings vir bou van huise.

4.  Oorbruggingsfinansiering:

Tydelike krediet (oortrokke fasiliteite) kan aan lede met goeie sekuriteit verskaf word.

5.  Noodlenings:

Noodlenings kan aangegaan word tot ‘n maksimum van 50% van aansoeker se netto inkomste, wat in een paaiement terugbetaal word op die eerste volgende salaris betaaldag.

ANDER PRODUKTE EN DIENSTE:

 1.  Opstel en bewaring van Testamente:

Testamente word gratis opgestel en in bewaring gehou vir lede.

2.  Boedelbereddering:

Boedels word beredder op ‘n professionele wyse.

3.  Oorplasings namens Lede:

KSK maak, in opdrag van ‘n lid vanuit sy/haar spaar rekening, ‘n elektroniese oorbetaling na enige ander bankrekening in Suid-Afrika vir u gerief.  Ons neem ook “Staande Instruksies” waar u ons opdrag gee om elke maand op ‘n spesifieke dag of datum ‘n betaling namens u te maak, bv.: om u maandelikse huur, telefoonrekening, ens. te betaal.

4.  Beurtkrag:

KSK word glad nie meer geraak deur beurtkrag nie. ’n Baie sterk Omsetter en Battery is deur DATONET geïnstalleer wat verseker dat KSK deurlopend hul dienste kan aanbied, sonder om meer die kragopwekker te gebruik nie. Meer as R1.000 per maand was spandeer aan brandstof en boonop was die kragopwekker bietjie lig om alle elektriese apparate behoorlik te laat funksioneer.

Meer inligting

Klein bo KSK sal u graag verder tot diens wil wees. Skakel ons gerus vir meer inligting, of ons reel ‘n konsultasie met u.
Kontak my