Terme en voorwaardes

Dit is belangrik dat u die voorwaardes lees en verstaan waaronder u gebruik kan maak van hierdie webwerf.

1. Voorwaardes van toegang
2. Aanvaarding
3. Inligting op hierdie webwerf
4. Derdeparty-inligting
5. Wysigings tot hierdie voorwaardes
6. Gekoppelde derde party webwerwe
7. Aangaande sekuriteit
8. KSK se verbintenis tot Kliënt Vertroulikheid
9. Finansiële Inhoud
10. Hiperskakels, diepskakeling, crawlers en metatags
11. Intellektuele Eiendomsregte
12. Die stuur van inligting
13. Waarborge en voorstellings
14. Ontkenning en beperking van aanspreeklikheid
15. Vermoë om ooreenkomste aan te gaan
16. Gebruiker se aanspreeklikheid teenoor KSK
17. Beëindiging, opskorting en beperking
18. KSK se Adresse
19. Kommunikasie met kliënte
20. Sertifikaat
21. Toepaslike wetgewing en jurisdiksie
22. Algemene bepalings

Terug na bo 1. Voorwaardes van toegang

1.1 Die gebruik van die KSK-webwerf (“hierdie werf”) is onderworpe aan die terme en voorwaardes van gebruik soos hieronder uiteengesit. Dit is belangrik dat die gebruiker die terme van gebruik, van toepassing op die KSK-webwerf, lees en verstaan.

terug na bo 2. Aanvaarding

2.1 Hierdie bepalings en voorwaardes van gebruik, word van krag wanneer die gebruiker toegang verkry tot hierdie webwerf vir die eerste keer en vorm ‘n bindende ooreenkoms tussen KLEINFONTEIN SPAAR EN KREDIET BEPERK, Registrasienommer 2004/000032/24 of sy mede-filiale of affiliasies, na gelang van die geval (” KSK “) en die gebruiker.

Terug na bo 3. Inligting op hierdie webwerf

3.1 Alle inligting op hierdie webwerf is slegs bedoel om die gebruiker te voorsien met algemene inligting oor KSK, KSK produkte en KSK dienste.

3.2 BELANGRIKE KENNISGEWING: Die aanlyn-dienste wat beskikbaar is op hierdie webwerf is slegs beskikbaar vir persone wat woonagtig is in, of burgers is van, of ingelyf is kragtens die wette van die Republiek van Suid-Afrika (“RSA”) gesamentlik na verwys as “RSA” burgers.

3.3 Alle inligting met betrekking tot die produkte en dienste, insluitend inligting ten opsigte van die terme en voorwaardes of enige ander aangeleenthede, is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing.

Terug na bo 4. Derdeparty-inligting

4.1 KSK kan gebruik maak van die dienste van derde party organisasies om inligting te voorsien op hierdie webwerf. KSK het geen beheer oor die derde party inligting nie en maak geen voorstellings of waarborge van enige aard met betrekking tot die akkuraatheid, geskiktheid of korrektheid daarvan nie. KSK sal nie direk of indirek aanspreeklik wees vir enige skade wat mag voortspruit uit die gebruiker se vertroue daarop nie.

Back To Top 5. Wysigings tot hierdie voorwaardes

5.1 KSK kan hierdie voorwaardes van tyd tot tyd wysig sonder kennisgewing aan die gebruiker. Deur hierdie webtuiste te besoek, is die gebruikers verbind tot die weergawe van die terme en voorwaardes wat gepubliseer word op die tyd van die besoek aan hierdie webwerf. Die gebruiker stem in om die huidige weergawe te lees elke keer wat hy/sy hierdie webwerf besoek.

5.2 Die huidige weergawe van hierdie voorwaardes sal geld vir die onderskeie regte en verpligtinge van KSK en die gebruiker elke keer wat die gebruiker toegang tot hierdie webwerf verkry.

Terug na bo 6. Gekoppelde derde party webwerwe

6.1 Hierdie webwerf mag sekere beelde en skakels bevat wat herly na ander derde party webblaaie (“gekoppelde webwerwe”), met inligting en materiaal wat geproduseer is deur ander partye. Die gekoppelde webblaaie is nie onder die beheer van KSK nie en KSK is nie verantwoordelik vir die inhoud van enige gekoppelde webtuiste nie, insluitende sonder beperking, enige koppeling vervat in ‘n gekoppelde webtuiste, of enige veranderinge of opdatering van ‘n gekoppelde webblad.

6.2 KSK is nie verantwoordelik vir webcasting of enige ander vorm van transmissie vanaf gekoppelde webwerwe nie en ook nie as die gekoppelde webblad nie toepaslik werk nie.

6.3 KSK verskaf hierdie skakels aan u slegs as ‘n gerief en die insluiting van enige skakels impliseer nie ondersteuning van die werf deur KSK, hul besigheid of sekuriteit of enige assosiasie met sy operateurs nie.

Terug na bo 7. Aangaande sekuriteit

7.1 KSK is daartoe verbind om seker te maak dat u aanlyn-ervaring veilig is. KSK maak gebruik van verskeie vlakke van sekuriteit.

terug na bo 8. KSK se verbintenis tot Kliënt Vertroulikheid

8.1 KLEINFONTEIN SPAAR EN KREDIET BEPERK, Registrasienommer 2004/000032/24 (“KSK”), is verbind tot die handhawing van die privaatheid en veiligheid van sy kliënte se persoonlike en private inligting (“kliënt inligting”) wat aan KSK verskaf is via die www.ksk.co.za webwerf (“hierdie webwerf”). Hierdie privaatheid en sekuriteit beleid (“hierdie beleid”) gee ‘n uiteensetting van KSK se praktyke en toewyding aan die kliënt in hierdie verband.

Terug na bo 9. Finansiële Inhoud

9.1 Waar KSK enige finansiële en indekse data (“finansiële inhoud”) op hierdie webwerf bied,is hierdie inligting gratis aangebied en is vir nie-kommersiële gebruik alleenlik bedoel.

9.2 Gebruikers word streng verbied om hierdie finansiële inhoud in enige finansiële instrument, eksterne programme, webwerf feeds, ens te plaas of integreer.

9.3 Gebruikers word streng verbied om die teks, data, inhoud of skakels vir enige doel te verander of te redigering.

9.4 Die inhoud wat deur KSK aangebied word, mag slegs gebruik word op platforms waar ‘n funksionele hiperskakel toegang verleen tot die KSK webblad en die gebruiker direk na die volle KSK webblad soos vertoon op die KSK –webwerf neem. Die gebruiker word nie toegelaat om die inhoud te vertoon in ‘n wyse wat nie suksesvolle toegang verleen, herlei of lewering aan die amptelike en toepaslike KSK webblad nie.

9.5 Ons gee geen waarborg, hetsy uitdruklik of geïmpliseer, met betrekking tot die akkuraatheid, betroubaarheid en volledigheid van enige van hierdie finansiële inhoud nie.

9.6 Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlies of skade van enige aard, insluitend indirekte of gevolglike verlies, wat toegeskryf kan word aan die vertroue en die gebruik van die finansiële inhoud nie.

Back To Top 10. Hiperskakels, diepskakeling, crawlers en metatags

10.1 Indien ‘n derde party ‘n hiperskakel, raam, metatag of soortgelyke verwysing, hetsy elektronies of andersins (gesamentlik na verwys as koppel), na hierdie webwerf wil bewerkstellig, word KSK se vooraf skriftelike toestemming vereis.

10.2 KSK se toestemming mag teruggehou word of toegestaan word, onderworpe aan voorwaardes deur KSK gestel.

10.3 Verbreking van hierdie voorwaardes gee KSK die reg om regstappe te neem sonder vooraf kennisgewing aan die gebruiker en die gebruiker stem in om die koste wat verband hou met sodanige regsaksie op ‘n prokureur-en-eie kliënt skaal aan ons te vergoed.

Back na bo 11. Intellektuele Eiendomsregte

11.1 Hierdie webwerf bevat kopiereg en ander intellektuele eiendom, insluitend logo’s en ander grafika en multimedia-werke wat aan KSK behoort.

11.2 Die gebruiker is gemagtig om een kopie te besigtig en af te laai na ‘n plaaslike hardeskyf, dit te druk en kopieë van sodanige drukstukke te maak, met dien verstande dat:

11.3 Die materiaal gebruik word vir die oorweging van die gebruik van die aanlyn-dienste en vir geen ander kommersiële doeleindes nie.

11.4 Enige reproduksie van KSK se eie materiaal van hierdie webwerf of ‘n gedeelte daarvan, moet die volle kopieregkennisgewing van KSK in sy geheel insluit.

11.5 Die logo’s en handelsmerke wat op hierdie webwerf is KSK se geregistreerde en ongeregistreerde handelsmerke, of dié van derde partye.

11.6 Niks op hierdie webtuiste moet vertolk word as die toestaan van enige lisensie of reg om enige handelsmerk te gebruik sonder om KSK se voorafverkreë skriftelike toestemming en / of dié van derde partye, soos die geval mag wees. Die gebruiker mag nie, sonder KSK se vooraf skriftelike toestemming, KSK se intellektuele eiendom of dié van derde partye vir enige doel hoegenaamd gebruik nie.

Terug na bo 12. Die stuur van inligting

12.1 inligting oorgedra deur middel van ‘n onversekerde skakel oor die internet, insluitend e-pos, is onderworpe aan potensiële onregmatige toegang of monitering.

12.2 Die gebruiker aanvaar dat KSK nie aanspreeklik gehou kan word vir enige verlies of skade gely deur die gebruiker as gevolg van die onregmatige aktiwiteite deur gewetenlose persone, aangesien KSK nie sulke gedrag kan verhoed nie.

Terug na bo 13. Waarborge en voorstellings

13.1 Al die inligting wat op hierdie webwerf verskyn word verskaf sonder enige waarborg hoegenaamd, hetsy uitdruklik of stilswyend, en KSK ontken enige aanspreeklik aan die gebruiker in hierdie verband

13.2 KSK gee geen waarborge ten opsigte van die akkuraatheid, funksionaliteit, geskiktheid vir ‘n doel of nie-oortreding in verband met hierdie webwerf nie en ontken alle aanspreeklikheid in hierdie verband.

13.3 KSK waarborg nie dat die webwerf of aanlyn-dienste foutloos sal wees nie.

Terug na bo 14. Ontkenning en beperking van aanspreeklikheid

14.1 Gebruik van hierdie webwerf en die aanlyn-dienste is geheel en al op die gebruiker se eie risiko. Die gebruiker aanvaar volle verantwoordelikheid vir die risiko of verlies wat voortspruit uit die gebruik van hierdie webwerf en die gebruiker se vertroue op die inligting vervat daarin.

14.2 In geen geval sal KSK aanspreeklik wees vir enige skade, hetsy direkte, indirekte, spesiale, toevallige, of gevolglike hoegenaamd met betrekking tot die gebruiker se gebruik van hierdie webwerf of die aanlyn dienste of die inligting op hierdie webwerf of die gebruiker se onvermoë om hierdie webwerf of die aanlyn-dienste te gebruik nie, of sodanige skade ontstaan het uit ‘n kontrak, of onregmatige daad of andersins en ongeag of KSK uitdruklik in kennis gestel is van die moontlikheid van sodanige verlies of skade.

14.3 Sonder om afbreuk te doen aan die algemeenheid van die bogenoemde, en tot die mate dit wetlik toegelaat word, sal KSK nie aanspreeklik wees vir:

14.4 Enige onderbreking, foutiewe werking, aftyd, af-lyn situasie of ander mislukking van die webwerf of aanlyn-dienste, KSK se stelsel, databasisse of enige van sy komponente, buite KSK se redelike beheer nie;

14.5 Enige verlies of skade met betrekking tot die gebruikers data of ander data direk of indirek veroorsaak deur wanfunksionering van KSK se stelsel, stelsels van derde partye, kragonderbrekings, onwettige toegang tot of diefstal van data, rekenaarvirusse of destruktiewe kode op KSK se stelsel of derde party stelsels; programmering defekte;

14.6 Enige onderbreking, foutiewe werking, aftyd of ander faling van goedere of dienste wat deur derde partye, insluitend, sonder beperking, derde party stelsels soos die openbare telekommunikasie diensverskaffers, internet diensverskaffers, elektrisiteitsvoorsieners, plaaslike owerhede en sertifisering owerhede; enige gebeurtenis waaroor ons geen direkte beheer het nie.

Back na bo 15. Vermoë om ooreenkomste aan te gaan

15.1 Die gebruiker waarborg hiermee aan KSK dat die gebruiker die nodige regsbevoegdheid het om hom/haarself te verbind tot hierdie terme en voorwaardes.

15.2 Minderjariges moet bygestaan word deur hul wettige voogde by die lees van hierdie terme en voorwaardes.

Terug na bo 16. Gebruiker se aanspreeklikheid teenoor KSK

16.1 Die gebruiker sal aanspreeklik wees vir enige verpligtinge, verliese of uitgawes aangegaan deur KSK as gevolg van enige versuim deur die gebruiker ten opsigte van hierdie bepalings en voorwaardes.

Terug na bo 17. Beëindiging, opskorting en beperking

17.1 KSK kan:

17.1.1 perke of voorwaardes stel op die reg tot sekere dienste, kenmerke of funksies op hierdie webwerf.

17.1.2 toegang beperk tot dele van of al die dienste op die webwerf, en

17.1.3 hierdie webwerf verander, op skort of staak, hetsy tydelik of permanent, sonder kennisgewing.

Back To Top 18. KSK se Adresse

18. 1 KSK se adres vir enige wetlike kennisgewing is:
Winkel 9
Uit-en-Tuis Winkel sentrum
Kleinfontein weg
Kleinfontein
Cullinan Distrik 1000
Kontak nommer +27 (12) 802 1413

Back To Top 19. Kommunikasie met kliënte

19.1 Die gebruiker erken dat KSK gebruik sal maak van e-pos en kennisgewings op hierdie webwerf, as KSK se hoof kommunikasie-instrument vir alle kommunikasie met betrekking tot hierdie webwerf, of hierdie terme en voorwaardes.

19.2 ‘n e-pos boodskap sal geag gestuur te wees:

19.2.1 deur die gebruiker, op die tydstip waarop KSK in staat is om toegang tot sodanige boodskap te verkry;

19.2.2 deur KSK, op die tydstip soos op die boodskap aangedui is, of indien dit nie so aangedui is nie, op die tyd wat op KSK se rekenaarstelsel die boodskap as gestuur aandui.

19.3 ‘n e-pos boodskap word geag ontvang te wees:

19.3.1 deur die kliënt wanneer dit moontlik word vir die gebruiker om dit op te spoor;

19.3.2 deur KSK, sodra KSK ontvangs daarvan aan die gebruiker erken of daarop gereageer het, wat ook al die vroegste is.

19.4 ‘n boodskap moet toegeskryf word:

19.4.1 aan die gebruiker, as dit daarop dui dat dit van die gebruiker ontstaan het, ongeag die feit dat iemand anders hom as die gebruiker kon voordoen of die boodskap aan KSK die gevolg van ‘n fout of wanfunksionering in die kommunikasie stelsel kon wees;

19.4.2 aan KSK, indien dit gestuur is deur ‘n behoorlik gemagtigde verteenwoordiger en sodanige verteenwoordiger opgetree het binne die omvang van sodanige magtiging, of deur ‘n outomatiese stelsel geprogrammeer deur KSK en sodanige stelsel sonder fout of foutiewe werking is.

19.4.3 Tensy anders bepaal in hierdie terme en voorwaardes en onderworpe aan klousule (deur KSK, sodra KSK ontvangs daarvan aan die gebruiker erken het of daarop gereageer het, wat ook al die vroegste is) bevestiging van ontvangs van u boodskap is nodig om wetlike uitvoering aan sodanige boodskap te gee.

Back na bo 20. Sertifikaat

20.1 ‘n sertifikaat onderteken deur KSK sal voldoende bewys wees van die werking of funksie van die aanlyn-dienste of enige deel daarvan en die inhoud van enige inligting wat vertoon word op die webwerf op ‘n gegewe datum en sal as korrek beskou word, tensy die gebruiker die teendeel bewys .

Back To Top 21. Toepaslike wetgewing en jurisdiksie

21.1 Die terme en voorwaardes met betrekking tot enige produkte of dienste wat op hierdie webwerf of bladsye voorkom, sal beheer en vertolk word in ooreenstemming met die wette van die Republiek van Suid-Afrika en die aansoek vir enige van die produkte of dienste wat aangebied word op hierdie webblad of bladsye sal geag word as die gebruikers toestemming en onderwerping aan die jurisdiksie van die Suid-Afrikaanse howe met betrekking tot alle verrigtinge, transaksies, aansoeke en so meer, ingestel deur enige party teen die ander, voortspruitend uit enige van die terme en voorwaardes met betrekking tot hierdie webwerf of sodanige produkte of dienste.

Terug na bo 22. Algemene bepalings

22.1 Die opskrifte van die klousules in die voorwaardes is vir die gerief en gemak van verwysing alleenlik en sal nie gebruik word om die terme van die voorwaardes te interpreteer, te modifiseer of te versterk nie.

22.2 Waar enige datums of tye bereken moet word in terme van die voorwaardes, word die internasionale standaard tyd: GMT plus twee ure gebruik.

22.3 Geen versuim of vertraging deur KSK om enige van KSK se regte uit te oefen sal vertolk word as ‘n afstanddoening van enige sodanige reg nie, of dit uitdruklik of geïmpliseer is, dit sal ook nie die geldigheid van enige deel van hierdie terme en voorwaardes be-invloed nie en benadeel nie ons reg om daaropvolgende aksies te neem teen die gebruiker nie.

22.4 Indien enige van hierdie terme en voorwaardes beskou word as ongeldig, onwettig of onafdwingbaar, sal die term of voorwaarde van die oorblywende bepalings en voorwaardes wat steeds geldig sal wees aan die volle omvang wat deur die wet toegelaat word, geskrap word.