Seggenskap

KSK Finansiële Koöperatief Beperk is ’n koöperasie wat bankdienste lewer, dus kan slegs lede, kliënte wees. Die voordeel van lidmaatskap is dat jy as lid ware seggenskap het oor die instansie wat jou geldsake hanteer.
Hierdie seggenskap is in die vorm van stemreg op die Koöperasie se Algemene Jaarlikse Vergadering en enige ander lede vergadering waar kwessies rakende die bank se bestuur bespreek word. Hierdie kwessies sluit in:
•    Die bestuur van die bank
•    Verkiesing van die direksie en
•    Die rigting waarin die bank moet gaan.